Nooddienste kan dalk staak

Die vakverbond Hospersa dring daarop aan dat daar dringend planne in plek gestel moet word om nooddienste personeel in die Wes Kaap te beskerm.

Indien dit nie realiseer nie kan nooddienste tot stilstand kom.

Dit volg nadat ‘n ambulans op pad na die Rooikruis hospitaal op die N2 naby Kaapstad gekaap is, en in die poging het ‘n 8 jarige seun gesterf.

Meer as 100 gevalle van aanvalle op nooddienste personeel het in 2016 in die Wes-Kaap plaasgevind.