Misdadigers gebruik polisiewapens

 

Misdadigers wat gesteelde of verkoopte polisiewapens in hulle besit het, gebruik dit om weer misdaad daarmee te pleeg.

Deur die polisie se nalatigheid om nie hulle wapens op te pas nie, stel hulle nou die publiek in gevaar, terwyl die publiek juis sou kon verwag om deur die polisie beskerm te word. Boonop skyn die polisie nie die vermoë of die wil te hê om hulle eie verlore wapens op te spoor en uit hande van die misdadigers te haal nie.

Die afgelope agt jaar is 364 vuurwapens by die polisie in hulle Gauteng-provinsie gesteel of verloor, en daarvan is 342 wapens positief verbind by misdade wat met daardie wapens verbind word.

Die afgelope agt jaar kon die polisie slegs 45 van sy eie gesteelde wapens terugvind.

Bewerings word ook gereeld gemaak dat korrupte polisielede wapens verkoop aan misdaadsindikate, of dat van daardie lede self betrokke is by van die sindikate.