Michael Sachs bedank

Tesourie het bevestig dat die hoof van hul begrotingsafdeling, Michael Sachs, bedank het.

Dit volg na beweerde inmenging vanaf Jacob Zuma se kant met tesourie se sake.

Kenners meen dat alle besluite rondom begrotingsbesluite nou by die presidensie en in effek by Zuma berus.

Bewerings dat die minister van finansies, MalusiGigaba, die tesourie wil kaap, lyk nou al hoe meer waar te wees.

Intussen dring Gigaba daarop aan dat parlementslede en ministers salarisverhogings moet ontvang.

Foto: Michael Sachs