Lesufi sal nuwe wetgewing deurdruk

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het opnuut bevestig dat hy alles in sy vermoë sal doen om skole te verplig om ‘n derde (swart) taal te onderrig.

Diegene wat ‘n bohaai daaroor wil maak, moet vrede maak met ‘n inklusiewe en nie-rassige onderwysstelsel, sê Lesufi.

Intussen het Wes-Transvaal se onderwys departement aangekondig dat Xhoza en Tswana in 119 skole volgende jaar ingestel gaan word.

Eie skole, eie woonbuurte is reeds taboe nou word kinders gedwing om ‘n swart taal aan te leer.

Onderwyskenners wys daarop dat swart kinders van Soweto in opstand gekom het toe hulle gedwing is om Afrikaans te leer. Nou gebeur dieselfde met blanke kinders wat gedwing word om ‘n swart taal te leer.