Lesufi dreig opponente

Die beoogde Wysigingswetsontwerp vir Basiese Onderwys kry uit talle geledere die wind van vore, en die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, begin al skoon die teenstanders van die wet te dreig om “nie sy geduld te beproef nie”.

Die wet sal vir alle praktiese doeleindes die take en bevoegdhede van skole se beheerliggame oorneem, en sal skole weer suiwer staatskole maak, waar die regering sie ysterroede swaai.

Die wetsontwerp maak voorsiening vir die aanstelling van onderwysers, toelatings van leerlinge en die bepaling van die taalbeleid by skole, terwyl hulle ook inspraak in die skole se finansies sal kry.

Onderwyskenners sê dié wet gaan die einde wees van enkeltaal skole, en dat veral Afrikaanse skole nie geduld sal word nie.

Hulle beskou Lesufi se dreigement ook as ondemokraties in ‘n land waar vrye meningsuiting sogenaamd bepleit en gewaarborg word.

Foto: Panyaza Lesufi