Kragtariewe verhoog, munisipaliteite betaal nie

Eskom het sy versoek vir ‘n tariefverhoging van byna 20 persent by Nersa gaan probeer verduidelik, maar intussen blyk dit dat talle munisipaliteite eenvoudig nie vir Eskom betaal nie.

Veral direkte verbruikers van Eskomkrag, soos boere en nywerhede, gaan erg geraak word deur die aangevraagde tariefverhoging.

Nou blyk dit dat Eskom nie die gelde wat reeds aan hom verskuldig is, van munisipaliteite verhaal nie. Waar hy wel aksies wil instel en verdere verliese wil bekamp deur elektrisiteitstoevoer na daardie munisipaliteite af te skakel, spring burgerlike organisasies, waaronder selfs Afriforum, op die wa om hulle deur hofbevele te verhoed om dit te doen. Sodoende bly die munisipaliteite in gebreke om te betaal, terwyl die ander verbruikers dan moet opdok.

Drie Gautengse munisipaliteite onder ANC-beheer, skuld tans meer as R500 miljoen aan Eskom.