Konserwatiewes eis May se bedanking

Veertig parlementslede van die Britse Konserwatiewe Party het ’n brief onderteken waarin die eerste minister en leier van die party se bedanking as premier gevra word.

Die parlementslede sê hulle het hul vertroue in die eerste minister verloor, sê die Britse koerant, “The Sunday Times”.

Ingevolge die parlementêre reëls kan premier Theresa May gedwing word om haar bedanking uit te skryf as nog agt parlementslede van haar party die brief onderteken.

In so ’n geval sal die nuwe partyleier wat gekies word na haar bedanking ontvang is, outomaties die nuwe eerste minister word, en waarnemers meen so ’n drastiese stap is nie uitgesluit nie.

Die premier word daarvan beskuldig dat sy ’n “chaotiese toespraak” gelewer het oor Brexit se vordering, en haar swak hantering van die ontslag van twee ministers.

Foto – Premier Theresa May