Instituut waarsku teen gesondheidsplan

Die hoof van die spesiale ondersoekspan van die SA Instituut vir Rasse Verhoudings, dr. Anthea Jeffery, het ‘n verslag die lig laat sien waarin sy waarsku dat die voorgestelde gesondheidswetgewing gaan faal.

Die algemene wanbestuur van geld is volgens haar een van die groot redes hoekom die plan nie gaan slag nie.  Sy meld dat die plan ‘n einde sal maak aan SA se uitstekende stelsel van private gesondheidsorg.

Die verantwoordelike minister, Aaron Motsoaledi, stem egter nie met haar saam nie en glo skynbaar sy kennis is beter as dié van die navorsers.

Foto: Dr. Anthea Jeffery