Filippyne koop Russiese wapens

Die president van die Filippyne, Rodrigo Duterte, het pas ’n belofte aan Russiese diplomate gemaak dat hy van plan is om wapenaankope by Rusland te doen

Die onderneming is gegee uit dank vir die hulp en steun wat Rusland gegee het in die Filippyne se stryd teen die Islamitiese Staat terroriste.

Duterte het glo onderneem om duisende masjiengewere en ammunisie daarvoor by die Russe te koop in die nabye toekoms.

Duterte het die belofte gemaak tydens die Asiaties-Amerikaanse konferensie wat in Viëtnam gehou is.

Aanvanklik sou hy sowat 20 000 gewere by Amerika bestel het, maar die Amerikaanse Senaat het ’n stokkie voor die transaksie gesteek vanweë die swak rekord van menseregte in die Filippyne.

Intussen het Sjina ook sy bande met die Filippyne verbeter en het sy handel met die eiland aansienlik verhoog.

Waarnemers meen die besoek wat president Trump die afgelope naweek gebring het, kan dalk die omstrede Duterte se besluit verander.

Foto – Rodrigo Duterte