EFF begin koalisies voorskryf

Nadat die wittebrood van die plaaslike regeringskoalisies verby is, begin die krake al duideliker word met die EFF wat nou begin eise stel, en daarmee wegkom.

In die Nylstroom/Naboomspruit/Vaalwater munisipaliteit, waar die koalisie van DA, EFF en VF+ in beheer is, het die EFF gedreig om te onttrek as die speaker, Johan Abrie, nie bedank nie. Sou Abrie nie bedank nie, gaan die EFF sy steun in Port Elizabeth onttrek aan die koalisie, wat daartoe sal lei dat Athol Trollip van die DA se kop as burgemeester sal rol.

Abrie het ingegee en bedank. Hy sal skynbaar wel deur ‘n lid van die DA vervang word, maar hierdie keer deur ‘n swart lid. Dit laat die vermoede ontstaan dat die EFF met ‘n aksie teen blankes besig is.

Daar word ook bespiegel dat die burgemeester, Marlene van Staden, se kop ook kan rol. Bewerings word gemaak dat in haar geval beide die ANC en EFF ontevrede is dat ‘n blanke vrou die burgemeester is.