Eenskottel hemelse biefstukgereg.

Bestanddele:

1 kg saggemaakte biefstuk (sny dit in repe)

2 uie in dun skywe gesny

1 bakkie sampioene in stukke gesny

Meel en speserye na u smaak gemeng.

Rol die biefstukrepe in die meel en speserymengsel tot goed bedek en laat ‘n rukkie staan. Pak dit dan in lae met die ui en sampioene in ‘n oondvaste bak.

Meng die volgende bestanddele vir die sous:

200 ml melk

250 ml vars room

1 eetl Worcestersous

1 eetl blatjang van jou keuse

1 eetl tamatiesous

1 pakkie wit uiesop poeier

Meng en gooi oor die vleis in die bakskottel.

Strooi ‘n koppie gerasperde kaas oor en bedek met foelie.

Bak vir 60 – 90 minute tot sag en gaar by 180 grade C.

 

Heerlik sag en baie lekker met ‘n mengelslaai en baba-aartappels in skilletjies gekook.