Dis taboe met veroudering!

Britse wetenskaplikes het ’n nuwe manier ontdek om onaktiewe en verouderde selle van die menslike liggaam te verjong.

Die veroudering word teengewerk deur behandeling met ’n chemiese stof wat byna enkele ure later die verjonging begin.

Die merkwaardige is dat die chemiese stof wat gebruik word, ook in sjokolade en rooiwyn voorkom alhoewel dit maar ’n klein hoeveelheid is.

Wetenskaplikes het vroeër vasgestel dat sekere gene in die menslike liggaam geleidelik uitgeskakel word namate die persoon ouer word.

Ondersoekers by die universiteite van Exeter en Brighton het ontdek dat die besondere gene weer geaktiveer kan word deur gebruik te maak van die besondere chemiese stof.

Die verouderde selle gaan op die wyse nie net fisieke verjonging meebring nie, maar ook die gedrag van jong selle volg.

Die chemiese stof, resveratrol, is ’n samestelling wat van nature gevind word in sjokolade en rooi druiwe asook sekere bessies.

Die wetenskaplikes sê die verjonging van selle begin binne enkele ure nadat die behandeling toegepas is.

Wetenskaplikes meen die veroudering van selle bring ook mee dat siektetoestande, ontstaan na mate mense ouer word, maar wat deur die behandeling teengewerk word, terwyl dit ook ’n kosmetiese verjonging sal meebring.

Dit is bekend dat ouer mense meer vatbaar is vir siektes, en die verjonging van liggaamselle kan voorkom dat die siektes opgedoen word.