Die strewe na soewereiniteit (deel Twee)

Hierdie is die tweede aflewering oor Europese volke wat nie soewereine onafhanklikheid het nie, maar wel daarna streef.

 

Denemarke

Die klein eiland, Bornholm, in die Balkan See, met sy bevolking van 40 000 is aktief met ’n selfregerende party wat streef na soewereiniteit alhoewel hulle sedert 1990 aansienlik groter outonomie gekry het van die heersers in Denemarke.

Die steun vir soewereiniteit is egter baie min, en die vermoede bestaan dat die Deense regering voldoende toegewings gemaak het om die mense se outonome regering te verhoog.

 

Denemarke

Die Faroe Eilande met ’n bevolking van 50 000 staan ook onder beheer van Denemarke alhoewel hulle redelike outonomie geniet.

In ’n stemming wat reeds in 1946 gehou is oor moontlike onafhanklikheid, het Denemarke die outonome beginsels verder verhoog op die eiland.

Groot kulturele verskille teenoor die Deense volk en die groot afstand van meer as ’n 1 000 kilometer het daartoe gelei dat die separatiste tans 17 van die 33 setels in die streeksparlement het en steeds streef na soewereiniteit vir die eiland..

 

Italië

Met sy vyftien miljoen inwoners in Lombardye en die aangrensende Veneto het die twee streke reeds die afgelope maand ’n referendum gehou waarin 90% steun verkry is vir groter outonomie.

Alhoewel die versugting bestaan om soewerein onafhanklik te word, is die leiers versigtig en het eers ’n referendum gehou om die welgestelde twee streke groter seggenskap oor hulle eie sake t verkry.

 

Italië

Die eiland Sicilië met sy 5 miljoen inwoners is tans besig met ’n reuse veldtog om hulle kultuur, tradisies en taal te bevorder met die doel om uiteindelik ook vir groter outonomie te stry met die hoop op uiteindelike soewereiniteit.

 

Italië

​Die Duitssprekendes in Suid Tirol is onder Italiaanse regering sedert die Eerste Wêreldoorlog.

Die bevolking wat net meer as 500 000 siele tel, het sedert 1979 groter outonomie gekry maar streef daarna om weer deel van Oostenryk te word, of alternatiewelik die Vrystaat van Suid Tirol te word aangesien meer as die helfte van die inwoners ten gunste van sesessie is.

 

Spanje

Dit is bekend dat die Kataloniërs streef na soewereiniteit, en het reeds onafhanklikheid verklaar van Spanje, maar die krisis het dramaties vergroot en die uitkoms daarvan word afgewag.

 

 Spanje

Die Baskiese volk in die noorde van Spanje beskik oor ’n redelike mate van outonome regering vir sy 3 miljoen mense, maar streef na uiteindelike selfbeskikking, los van Spaanse gesag.

Madrid is egter nie van plan om die streek sy onafhanklikheid te gun nie, en het daarom die outonomie verhoog in die hoop om die Baske se strewe te smoor.

 

Frankryk

Die 330 000 inwoners van die eiland Korsika streef na soewereiniteit maar is bereid om eers groter outonome beheer oor hulle eie sake t kry.

Die Nasionale Vryheid Front van Korsika het reeds in 1976 vir die eerste keer hulle selfbeskikking geëis maar dit het verflou na sy leier se dood in 1998 toe hy gedood is deur ’n geplante bom.

Die herlewing het egter in 2015 daartoe gelei dat die pro-Korsika koalisie 24 van die 51 setels in die streek se parlement verower het, en streef daarna om selfbeskikking te beding.

​ Foto – Majuba, Simbool van vryheid