Des van Rooyen kruip weg

Die minister van Ko-operatiewe Regering, Des van Rooyen, het vir die tweede keer sy verskyning voor ‘n parlementêre komitee ontduik.

Hy moet glo verduidelik hoekom sy departement die dienste van die finansiële konsultasiemaatskappy, Trillian Capital, gebruik het.

Trillian word verbind met die staatskaping deur die Guptas en in  van Rooyen se kort tyd as minister van finansies is hy verbind  met die gebroeders.