Dawie Roodt reg?

Die ekonoom Dawie Roodt se waarskuwing dat mense hul geld uit die land moet neem is duideliker onderstreep deur die EFF se versoek in die parlement dat banke genasionaliseer moet word.

Die rooi gevaar EFF het aangekondig dat hy ‘n privaat lede wetsontwerp gaan indien dat die nasionalisering moet geskied sonder vergoeding.

Waarnemers wys daarop dat die feit dat so ‘n debat in die parlement gevoer word, reeds ernstige rooi ligte laat flikker oor die toestand in Suid Afrika en Jan Publiek se spaargeld wat in banke soos Absa, FNB en ander belê is.

Ekonome wys daarop dat die ANC se Freedom Charter dit uitspel dat hul “eienaarskap” van alle banke wil verkry. ‘n Politieke ontleder, prof. André Duvenage, het al voorheen daarop gewys dat die ANC hulle streng hou by die bepalings van die Freedom Charter, wat ook deel is van die Nasionaal-Demokratiese Revolusie (NDR).

Intussen het dit aan die lig gekom dat die SAUK sy skuldeisers R600 miljoen skuld, en daar word bespiegel wie uiteindelik die rekening geen delg en met wie se geld.