Borg toegestaan aan Kataloniese leiers

Die Spaanse Hooggeregshof in Madrid het borgtog toegestaan aan die vyf afgesette ministers asook aan die parlementêre speaker van Katalonië.

Al ses die leiers wat in aanhouding was, staar strafregtelike vervolging in die gesig, met straf wat tot 30 jaar agter tralies kan beteken..

Die ses parlementariërs word aangekla vir hulle deelname aan ’n rebellie en die verkwisting van staatsfondse met die hou van ’n referendum oor onafhanklikheid.

Die parlementslede is borg toegestaan, maar sal eers vrygelaat word na hulle elk hulle $25 000 betaal het terwyl die speaker $175 000 moet betaal.

Die regter het ook beveel dat die speaker se paspoort ingetrek word, maar die regsverteenwoordiger sê hy gaan appelleer aangesien daar geen grondige rede aangevoer is waarom die speaker ’n swaarder straf moet kry as die ministers nie.

Die hof se uitspraak het egter tot hernude optogte in Katalonië gelei wat ook meegebring het dat die burgerlike ongehoorsaamheid verder uitgebrei word en algehele chaos in Barcelona en ander stedelike gebiede veroorsaak het.

Foto – Katalonië Parlementsgebou