Beaufort-Wes sonder water

Beaufort-Wes se damwater het opgedroog.

Die Gamkadam is amptelik leeg en inwoners is afhanklik van boorgatwater en sogenaamde bruinwater. Dit is rioolwater is wat gesuiwer en hersirkuleer word.

Twee-en-dertig boorgate voorsien tans die dorp met water en die vrese bestaan dat die boorgate kan opdroog.

Daar word beraam dat R40 miljoen nodig is om nuwe boorgate te boor.

Dit is die eerste keer dat die Sentraal Karoo en Wes-Kaap gebied beide as rampgebiede verklaar is.

Foto: Gamkadam