Al meer dreigbriewe teen Wilders

Die nasionalistiese politieke leier in Nederland, Geert Wilders, het in ’n media onderhoud gesê die aantal dreigemente teen hom het dramaties gestyg.

Wilders sê die dreigemente was vroeër sowat 100 tot 200 per jaar, maar dit is nou die aantal wat per maand ontvang word.

Wilders is bekend daarvoor dat hy volksnasionalisme voorop stel in Nederland, en sterk gekant is teen die Europese Unie en die immigrasie beleid wat meebring dat terroriste van die Islamitiese Staat in Europa versprei is.

Hy reken Nederland sal ’n hele polisiemag nodig hê om sulke mense op te spoor en te vervolg, maar hy rapporteer elke voorval omdat dit sy burgerlike plig is.

Van die dreigemente word op die sosiale netwerk gemaak, soos op Facebook en Twitter.

Geert Wilders se Party vir Vryheid is die tweede grootste politieke party in die land, en vorm die amptelike opposisie in die Nederlandse parlement.

Foto – Geert Wilders