Adjunkminister aan Guptas verbind

Adjunkminister Ben Martins ontken dat hy ‘n ontmoeting met die Gupta broers gehad het om Brian Molefe se hofsaak te bespreek.

Hy kan egter nie onthou waar hy op 29 Julie  was toe die genoemde vergadering sou plaasvind nie.

Dit volg nadat Eskom se geskorste regshoof, Suzanne Daniels, voor die parlementêre komitee getuig het dat sy genooi was na Melrose Huis en by aankoms gevind het dat Ajay Gupta, Duduzane Zuma, Martins en ‘n Sjinese dame reeds daar teenwoordig was.

Martins beweer op sy beurt dat Daniels ‘n vete teen hom het weens haar skorsing by Eskom.

Wat wel bekend is, is dat Martins sedert 2013 wel met die Guptas gesien is maar volgens hom was dit bloot tydens openbare geleenthede.

Foto: Ben Martins