2 000 polisiewapens “verlore”

Die SAPD het sedert 2014 meer as 2 000 vuurwapens verloor deur diefstal of deur nalatigheid van polisiebeamptes.

Slegs 13 van die wapens is teruggevind, wat beteken dat 1 987 wapens tans as onwettige wapens in die hande van misdadigers is.

Wes-Kaap het 128 wapens verloor, Oos-Kaap 432, Gauteng 448 en Natal 506.

Intussen beweer die polisie hulle is gereed vir die styging in misdaad oor die feestyd, maar kan intussen nie plaasterroriste aankeer nie en word daardie taak aan boere oorgelaat.