Wes-Transvaal weer in chaos

Die plattelandse dorp Lichtenburg is weer eens in chaos gedompel na ‘n protesoptog waarin ‘n jeugdige van 15 jaar dood geskiet is.

Na bewering het ‘n motoris op ‘n groep betogers geskiet toe die pad versper is.

Die voorval het gebeur  kort nadat ‘n vragmotor aan die brand gesteek is.

Polisie en betogers het gedurende die dag sporadies gebots terwyl paaie met klippe en brandende bande versper is.

Foto: Vroeëre protes optrede in Lichtenburg