Wes-Kaap polisie “verloor” wapens

Meer as 70 vuurwapens is gedurende die laaste 20 maande gesteel vanuit polisiestasies in die Wes-Kaap.

Van die sewentig wapens is slegs drie opgespoor wat beteken dat 67 polisiewapens nog in besit is van misdadigers.

Daar is al voorheen bespiegel dat van die bendegeweld en –moorde wat gepleeg word, juis met van daardie wapens is.

Verder word ook bespiegel dat korrupte polisielede met kontakte met bendes, die wapens selfs aan hulle verkoop.