Wêreld Nuusflitse – 10 Oktober

Duitsland

Die onderhandelings om ’n koalisieregering te vorm, het sy eerste terugslag gekry toe die voorstel van die Merkel-regering verwerp is deur die Groenes oor die immigrasiebeleid om slegs 200 000 vreemdelinge volgende jaar toe te laat in Duitsland terwyl die CDU en CSU reeds ooreengekom het oor getalle.

 

Sentraal Amerika

Die tropiese storm “Nate” wat die afgelope paar dae verwoesting gesaai het in Sentraal Amerika, het ook gelei tot die dood van 22 mense en tientalle is ernstig beseer.

 

België

Die sosialistiese vakbond in België wil op 10 Oktober staak en daarmee die treinverkeer ontwrig om beswaar te maak teen “die regse regeringsbeleid van Vlaandere”.

 

Irak

Die terroristevegters van die Islamitiese Staat (IS) in Irak is sonder geld en sonder kos, en grootskaalse muitery word verwag aangesien die terreurgroep op sy laaste is.