Waaierblom / Scaevola aemula plant / Fan flower

Hierdie mooi plant met sy waaieragtige blomme dra die pragtigste kleure blomme. Dit is ‘n jaarplant plant en dit blom sommer oorvloedig. Scaevola aemula is in die familie Goodenaceae. Dit staan ook bekend as die feetjie waaierblom omdat dit klein is.

Scaevola aemula’s blom gedurende al die seisoene. Dit kan hitte en droogte goed weerstaan en is ‘n baie lae onderhoudsplant. Die plante groei 8 – 14 duim hoog en sprei tot 24 duim uit. Sommige van hierdie plante word tot 60 cm lank. Blomme is blou en pers en dit is skaars kleure wat nie baie in tuine voorkom nie. Plant dit in ligte son in goed dreinerende grond en gee matig water. Dit vertoon ook mooi in potte en hangmandjies.

Fyn haartjies kom op die stingels, blomme en sade voor. Die haartjies op die stingels is grof en geel. Die haartjies op die blomme is aan die binnekant en buitekant. Buitekant is dit ook grof en dig en aan die binnekant lyk dit soos baard. Die blomme het ‘n waaiervorm en die blou/pers blaartjies is gemeng met wit of meestal ‘n geel middel wat die oog dadelik trek. Daar verskyn blommetjies in trosse aan die bopunt van die stingels. Aan die trossies verskil die blomgroottes. Die boonste blommetjies is groter as die onderste blomme. Hulle begin gewoonlik in die lente blom en blom tot laat somer.

Alhoewel hierdie plante nie wydverspreid voorkom en geplant word in tuine nie, groei dit vinnig en dit blom ook gou. Hierdie plante sal voëls en skoenlappers na die tuin lok. Die plante kan met saad of steggies geplant word. Saai die saad direk in die grond waar die plante moet bly staan. Steggies moet eers in ‘n sandgevulde houer geplant word en in warm temperature gehou word om te begin groei. Hulle groei in warm gebiede en sal nie goed groei in koue gebiede nie.

Tuiniers, geniet u tuin tot volgende keer