Velroom-rassisme

Sopas is ‘n velroom in lande soos Nigerië, Ghana en Kameroen vertoon waar ‘n swart vrou ‘n velroom aan haar arms smeer en verklaar dat dit haar vel ligter maak en haar goed laat voel.

Onmiddelik het daar protes opgegaan dat dit sogenaamd rassisme is.

Nou wonder ek. ‘n Blanke dame mag nie by ‘n swembad of op die strand ‘n bikini aantrek nie omdat dit haar vel rassisties sonbruin maak. Tandepasta wat gesond is en tande skitterend wit maak, is rassisme. So ook seep of bleikmiddel wat lakens weer spierwit maak. As ‘n blanke wit skoene dra, protesteer hy/sy teen swart.

Dit klink na belaglike bewerings, maar lees weer die berig oor die velroom.

Die toestand staan bekend as ‘n nuwe wêreldorde, maar aanvanklik is daar geen orde nie. Ons word blootgestel aan demoniese magte wat ons nie begryp nie omdat ons die duisternis nie kan deurgrond nie. Hierdeur word netwerke van wette en orde vernietig sodat bandeloosheid kan ontwikkel.

Nadat groot verwarring ontstaan het en mense so deurmekaar is dat hulle nie weet wat reg of verkeerd is nie, staan die leiers van ‘n nuwe wêreldorde op om sogenaamd ordelike leiding te gee wat mense aangryp omdat dit goed klink.

Verskeie kastige onafhanklike organisasies smelt in een organisasie saam en heers oor die wêreld soos hulle wil. Mense se denke word slawe gemaak.

Hierteenoor sien ek net een oplossing. Ons mense moet Afrikanerbyeenkomste in groot getalle bywoon waar ons weereens ons samehorigheid bevestig. Daar moet ons die wanorde bespreek en wat ons volkseie is, bevestig. Geen onderwerping aan wêreldmagte nie.

Grys Karel