Spanje sleep Kataloniërs hof toe

Spanje se nasionale hof het begin om lede van die Kataloniese polisiediens te vervolg wat glo teenstand gebied het teen die gewelddadige optrede van die Spaanse polisie tydens die referendum om onafhanklikheid.

Die Vryburger het ook vertroulik verneem dat die hoof van die Spaanse minderheidsregering, eerste minister Rajoy, sy adviseurs sal raadpleeg oor die Kataloniërs se deklarasie vir onafhanklikheid wat afskeiding van Spanje sal beteken.

Josep Lluis Trapero, die polisiehoof van Katalonië, is Vrydag na die Spaanse Nasionale Hof geneem om te verduidelik wat sy rol was in die demonstrasies van Kataloniërs in Barcelona sedert September en tydens die referendum.

Waarnemers sê die optrede het die kloof tussen Spanje en Katalonië vergroot wat moontlike kompromieë al moeiliker gaan maak.

Die vermoede bestaan dat Spanje wil begin met ’n heksejag wat sal uitkring tot by die inhegtenisneming van politieke leiers en burgemeesters.