SAPD soek Weermag hulp

Die minister van polisie Fikile Mbalula het die SA Weermag gevra om te help om misdaad in sentraal Transvaal en in die Wes-Kaap te bekamp.

Bendegeweld in die Wes-Kaap het in verskeie areas hand-uit geruk.

Volgens Mbalula het misdaad ‘n plaag geword en sal hulle (die SAP en SAW) die mense bevry wat gevangenis van vrees is.

Waarnemers sê dat die stap ‘n erkenning is dat die polisie geen beheer meer het nie, maar betwyfel of die erg verswakte en ongedissiplineerde weermag enigsins ‘n noemenswaardige verskil sal kan maak.

Verder vind hulle dit opmerklik dat apartheid nog nie die skuld vir die misdaad toename gekry het nie.  “‘n Plaag is dit wel, die vraag bly steeds wie is die mense wat die misdade pleeg of te wel van watter kultuurgroep is hul afkomstig?” het een waarnemer aan Die Vryburger gesê.