Saoedi koop VSA missiel afweerstelsel

Die regering van Saoedi-Arabië het ingestem om die Russiese “Terminal High Altitude Area Defense” (THAAD) stelsel aan te koop teen die reuse bedrag van $15 miljard.

Die gesofistikeerde missiel afweerstelsel se koopooreenkoms is bekragtig nadat die land se staatshoof, Koning Salman, dit onderteken het.

In ’n verklaring sê Saoedi-Arabië die land sal 44 Terminal High Altitude Area Defense (THAAD) lanseerstelsels sowel as 360 missiele aankoop van die VSA plus ’n aantal brandbeheer stelsels en radar sisteem.

Die owerheid sê die transaksie kan voortgaan sodra die Amerikaanse Kongres die transaksie goedgekeur het binne die volgende 30 dae.

Die transaksie met die Verenigde State beloop meer as $110 miljard wat in beginsel deur president Donald Trump goedgekeur is, maar onderhewig is aan die finale keuring van die Kongres.