Rugbylande wys SA ‘n vinger

Die hoof van SA Rugby, Oregon Hoskins, is glo teleurgesteld oor die gebrekkige steun wat Suid-Afrika ontvang vir hul bod om die 2023 wêreldrugbybekertoernooi aan te bied.

Ierland en Frankryk het sterk steun vanuit die Verenigde Koninkryke se lande ontvang. Nieu-Seeland is ook nie baie gewillig om SA se bod te steun nie.

Die voorkeurkandidaat van die komitee sal op 31 Oktober aangekondig word terwyl die Wêreld Rugby Raad op 15 November sal stem oor die finale aanwysing.

Suid-Afrika se Cyril Ramaphosa het self die bod gaan aanbeveel in Londen, op dieselfde dag dat internasionale media hoofopskrifte oor Suid-Afrika gehad het nadat ‘n bus vol Nederlandse toeriste beroof is buite die internasionale lughawe by Johannesburg. Toeriste word al hoe meer versigtig vir Suid-Afrika, en dit kan ‘n uiters negatiewe invloed op kaartjieverkope hê.