Republiek Katalonië kom tot stand

<> on October 26, 2017 in Barcelona, Spain. ‘The Parliament of Catalonia will meet today for a two days plenary session to debate on the application of the article 155 of the Spanish Constitution in Catalonia and its possible effects on its self-government.

Die krisis rondom Katalonië oor moontlike onafhanklikheid was Vrydag in ’n warboel van onduidelikheid en besluiteloosheid wat die kiesers frustreer en opstandig maak.

Die Spaanse regering het gedreig met toepassing van Artikel 155, maar premier Rajoy moes wag vir die Senaat se beslissing, en kon eers heelwat later besin oor optrede teen die Kataloniërs.

Die premier ondervind ook ernstige verdeeldheid in die regering, en terwyl die linkse sosialiste vra dat Artikel 155 toegepas word wat skorsing sal meebring, is die nasionaliste van oordeel dat dit eers gedoen kan word as Katalonië hul onafhanklikheid uitroep.

Die separatiste van sy koalisie regering eis dat onafhanklikheid verklaar word, terwyl sy eie party glo daar moet eers dialoog gevoer word met Spanje.

Intussen het die Baskiese leiers na vore getree en gepoog om as bemiddelaar op te tree, maar die groot verskeidenheid van menings in die twee kampe, maak dinge moeiliker.

Tydens Vrydag se parlementsitting het president Carles Puigdemont geweier om ’n blits verkiesing uit te skryf, en het om 16.00h  ’n onafhanklikheidsverklaring gemaak.

Dit het gevolg nadat die parlement in ’n geheime stemming met 70 teen 10 stemme ten gunste van onafhanklikheid gestem het.

In die verklaring wat deur die leier hardop voorgehou is, het hy verklaar dat ’n ”onafhanklike, soewereine, demokratiese Kataloniese Republiek” tot stand gekom het.

Enkele minute later is die nuus aan die Spaanse regering oorgedra, en die Spaanse Senaat het besluit Artikel 155 word van toepassing gemaak.

Die regering van Katalonië word ontslaan en ’n verkiesing word gehou op 21 Desember om daarmee die voortslepende krisis te probeer beëindig.

Foto – Prsident Carles Puigdemont