Onderwysdepartement skarrel rond

Soos voorheen berig en gewaarsku moet die Gauteng onderwysdepartement nou maatreëls in werking stel om handboeke en veral rekenaar tablette by leerlinge te kry voor die akademiese jaar ten einde kom.

In 2016 het die departement reeds 12 000 tablette “verloor” wat deur leerlinge verkoop is of nooit terug gehandig is nie. Die wat wel terug gehandig is, was dikwels nie meer bruikbaar nie.