Noord-Korea steel militêre dokumente

Kapers in Noord-Korea het honderde dokumente gesteel wat deur die gesamentlike werk van Amerika en Suid-Korea gedoen is tydens hulle militêre oefeninge.

Die kommunistiese kapers het talle dokumente bekom wat verband hout met die gesamentlike optrede wat die VSA en Suid-Korea sal toepas in geval van ’n volskaalse oorlog.

Die besonderhede is deur ’n koerant in Suid-Korea gepubliseer, en berig dat die kapers reeds in 2016 op die weermag se webtuiste ingebreek en die dokumente afgelaai het.

Die gegewens wat gekaap is, bevat onder andere die operasionele plan wat gesamentlik deur Amerika en Suid-Korea opgestel is in geval ’n oorlog sou uitbreek teen Noord-Korea.

Van die dokumente bevat besonderhede van hoe die kommunistiese diktator, Kim Jong-Un, sal verdwyn en wye besonderhede oor die jaarlikse gesamentlike militêre oefeninge wat uitgevoer word.

Suid-Korea beweer dat sy noordelike bure oor sowat 6 800 kapers beskik wat op ’n deurlopende basis werk om gegewens te bekom oor die optrede en strategie van die suide.

Die kommunistiese leier glo dat sy mense ’n kernoorlog sal wen en dit oorleef, maar kenners wys daarop dat diegene wat tans die skiereiland wil besoek, tevrede moet wees om met ’n ou Russiese vliegtuig te reis.

Intussen het die voormalige president van Amerika, Jimmy Carter, aangebied om dialoog te voer met Kim Jong-Un met die bedoeling om die krisis te besweer.

President Trump het egter vroeër gesê al die jare se gesprekke met Noord-Korea het geensins bygedra om die land te laat afsien van sy ideaal om ’n kernmoondheid te word nie.

Foto – Noord-Korea vlag