Noord-Korea maak gereed vir langafstand missiel

Noord-Korea is van plan om ’n nuwe toets te doen met ’n langafstand interkontinentale missiel wat glo voldoende sal wees om Amerika te tref.

Die ballistiese missiel sal getoets word om minstens die weskus van die Verenigde State te bereik.

Die inligting is vrygestel in ’n berig wat deur die Russiese nuusagentskap RIA gepubliseer is en klaarblyklik deur ’n Russiese parlementslid geopenbaar is.

Volgens die berig het Anton Morozov, ’n parlementslid van die Russiese regering, saam met twee ander parlementslede ’n besoek gebring aan Pyongyang waartydens die nuus oor die voorneme bekom is.

’n Woordvoerder van die Noord-Koreaanse regering het glo gesê die voorbereidings word getref en wiskundige berekenings word gedoen wat sal verseker dat die missiel toets sal toon dat dit die weskus van Amerika kan bereik.

Die Russiese parlementslid, sê ’n gees van strydlustigheid heers in Pyongyang wat die toets van ’n missiel soveel dringender maak.

Foto – Diktator Kim Jong-Un