Noord-Italië stem oorweldigend JA

Die streekpresident van Veneto en Lombardye, in die noorde van Italië, het ’n klinkende Ja-stem oorwinning gekry vir sy beoogde doelwit om meer outonomiteit vir die gebied te kry.

Die twee deelstate, wat deur een president bestuur word, het ’n oortuigende oorwinning behaal in die referendum wat die afgelope naweek gehou is.

Anders as Katalonië, vra die twee streke nie onafhanklikheid nie, maar wel groter seggenskap oor hulle finansies en administrasie.

Meer as 90% van die kiesers het JA gestem vir groter seggenskap, maar het dit duidelik gestel dat hulle nie onafhanklikheid eis nie.

Die streke Veneto en Lombardye is die mees welvarende gebied in Italië, en die Italiaanse regering het sy kommer uitgespreek oor die eise wat eersdaags op hulle tafel kan beland.

Die twee streke wil groter inspraak kry oor wat met hulle belastinggeld gebeur, en het die referendum vooraf met Rome uitgeklaar, wat meebring dat dit ’n wettige stemming was.

Rome meen egter die referendum was ’n verkwisting van 55 miljoen euro, aangesien die president en sy streeksregering enige tyd die aangeleentheid met die federale regering kan opneem.

In Lombardye het meer as 95% van die kiesers ’n Ja-stem uitgebring, en in Veneto was dit meer as 90%.

Foto – President Luca Zaia.