Merkel se aansien daal verder

Volgens die jongste peiling in Duitsland, het Bondskanselier Angela Merkel se steun onder kiesers nog verdor gedaal en het ’n nuwe laagtepunt bereik.

Die Christen Demokrate Unie (CDU) en sy vennoot in Bavaria, die Christen Sosiale Unie (CSU) het aansienlike steun verloor die afgelope weke.

Die CSU het slegs 31% steun volgens die peiling, wat die laagste is sedert 2012, en die opposisiepartye is besig om munt daaruit te slaan.

Die nuwe koalisievennoot van die regering, die Vrye Demokrate, het ook steun afgestaan, en die amptelike opposisie, die Sosialiste het daaruit voordeel gehaal, want hulle het met minstens een persent meer steun as vroeër.

Statistieke toon dat die Merkel-regering se ondersteuning ’n nuwe laagtepunt bereik het, en alhoewel die Unie steeds die sterkste party in die parlement is, moet Merkel tevrede wees met 33% steun wat haar die swakste laat vertoon sedert 1948.

Die regerende party se aansien het verder gedaal toe die premier van Sakse besluit het om te bedank, wat deur sekere waarnemers beskou word as die begin van die einde vir Merkel se bewind.

Die gevolge hiervan is dat die kanselier stiller geword het.

Haar gedurige bemoeienis met onwettige immigrante het plek gemaak vir ’n groot stilte, en die koms van meer as 90 parlementslede van die Alternatief vir Duitsland wat oorgehaal sit om Merkel te bestry in debatte, het haar invloed van weleer ’n ernstige knou gegee.

Foto – Kanselier Angela Merkel