Merkel moet koalisie vorm met teenstanders

Bondskanselier Angela Merkel se Christen Demokratiese Unie (CDU) sal hierdie week begin onderhandel met die linkse Groen Party en die Vrye Demokrate Party (FDP) om ’n koalisie te vorm nadat sy veel swakker gevaar het in die afgelope algemene verkiesing van Duitsland.

Een van haar belangrikste take sal wees om die Groenes te oortuig om saam te werk met die konserwatiewes van die Christen Sosiale Unie (CDU) van Bavaria.

Dit is bekend dat die twee partye nie ’n liefde vir mekaar het nie, en Merkel se keuse is uiters beperk aangesien die Alternatief vir Duitsland (AfD) nie vir haar ’n opsie is nie.

Merkel sal tussen die vure sit waar die AfD as nasionalistiese opposisie aan haar regterkant sal wees, gaan die linkse Sosiaal Demokrate aan haar linkerkant wees terwyl sy dalk twee ander partye in ’n “Jamaika koalisie” sal sit wat uiters broos is.

Die  “Jamaika” koalisie is vernoem na die Karibiese land omdat die drie partye se amptelike kleure, swart, geel en groen, ooreenstem met Jamaika se landsvlag.

Merkel se vierde termyn as kanselier van Duitsland sal in ’n rowwe politieke see haar land moet bestuur terwyl die nasionalistiese AfD met sy 13% steun, dit uiters moeilik gaan maak vir die koalisieregering met sy talle uiteenlopende verskille.

Foto – Kanselier Angela Merkel