Maan word halfwegstasie na Mars

“Binnekort stap daar weer ’n Amerikaner op die maan, nie om vlae te plant nie, maar om ’n halfweg in te rig na Mars”, het visepresident Mike Pence gesê tydens ’n toespraak verlede week.

Dit kom nadat die Verenigde State van Amerika onder Barack Obama ’n streep getrek het deur die planne wat Nasa uitgewerk het om Mars te bereik.

Die ideaal om Mars te bereik is aanvanklik met George W Bush se presidentskap begin, maar Obama het dit gestaak, maar dit sal blykbaar onder die bewind van president Donald Trump weer hervat word.

Die visepresident het gesê die projek sal binne afsienbare tyd hervat om Amerikaanse ruimtevaarders op die maan te plaas met die doel om dit ’n “afspringplek” te maak na die Rooi planeet.

Mike Pence het die opmerkings gemaak tydens sy toespraak met die opening van die “National Space Council” en bygevoeg dat dit beplan word om ’n permanente basis op die maan te vestig as springplank na Mars.

Foto – Visepresident Mike Pence