KSUT kampusse gesluit

Die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie is onbepaald gesluit weens voortslepende geweld.

Intussen is vier studente geskors na tugverhore teen hulle.

Universiteite van oor die land is tans besig om studiegeld vir 2018 te bepaal en reeds is die onrus sigbaar onder studente wat glo dat hoër onderwys gratis moet wees.

ANC president Jacob Zuma het met sy opmerkings vroeër vanjaar studente verder in hul kwaad gesterk deur aan te beveel dat klasgelde nie verhoog moet word nie.