Korrupsie en die ANC

In ‘n marknavorsing ondersoek het dit geblyk dat ANC lede bekommerd is oor die grootskaalse korrupsie in die regering.

Verder blyk dit dat nepotisme net so groot probleem blyk te wees by aanstellings en beskerming van ‘skelms”.

Die probleem bestaan egter nog steeds dat meeste ondersteuners weer vir die ANC sal stem en nie die party struktuur sal verlaat nie. Gewoonlik word allerhande beloftes of dreigemente net voor verkiesings gemaak, en selfs die voorvaders word bygesleep om kiesers te oortuig om weer vir die ANC te stem.