Kaders beskerm mekaar

Die ANC parlementslede beskou skielik die ondersoek na die Openbare Beskermer se bevoegdheid om haar pos te beklee, as ‘n heksejag teen haar.

Waarnemers vind dit vreemd dat juis die ANC lede van die parlementêre komitee oor  justisie saamgestem het dat ‘n ondersoek geloods moet word teen haar.

Daar word bespiegel dat daar gesorg moet word dat Jacob Zuma se vertroueling in haar pos aanbly, aangesien sy dalk nuwe ondersoeke moet loods teen hom en ander ANC lede.