Kaapse spoorstelsel disintegreer

Die Kaapse Kamer van Handel en Nywerhied het gewaarsku dat die stad se voorstedelike treindienste op die punt staan om in duie te stort.

Geweld en anargie het die afgelope jare hoogty gevier by stasies en op treine.

In die proses het betogende pendelaars meer as ‘n dosyn treinwaens uitgebrand wat daartoe gelei het dat treindienste ingeperk moes word.

Dit kan jare duur voordat hierdie toestand herstel word, en dan ook net as daar nie enige verdere vandalisme voorkom nie.