Internasionale Filmspan beroof

‘n Internasionale filmspan is beroof van al hul toerusting by die Peers Grotte in Silvermine.

Sanpark het geen verklaring uitgereik oor die insident nie maar in die lig van die onlangse roof op Nederlandse toeriste in Johannesburg, is hierdie gebeure nie goeie nuus vir die toerismebedryf nie.

Intussen is ‘n groep fietsryers Sondag in Jan Smuts rylaan naby Stellenbosch aangeval deur vyf mans met pangas en messe, drie fietse is in die aanval gesteel.