Wat eet ons hierdie naweek saam met tee? Hier is ‘n ongewone “koek” en nogal met ‘n marmite en kaas bolaag. Probeer dit gerus, die koek se tekstuur lyk soos ‘n Madeira koek en dit is heerlik en fyn.
Marmite koek
Bestanddele:
250 ml suiker
125 gr botter
1 eier
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
Knippie sout
250 ml melk
2,5 ml vanielje geursel (opsioneel)
Metode:
Verhit die oond tot 180 grade C.
Klits botter, suiker, eiers en vanielje tot romerig.
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Voeg dit nou om die beurt met die melk by die geklitste bottermengsel en meng goed.
Bespuit ‘n glasbak en skep die deegmengsel daarin.
Bak vir 30 tot 35 minute.
Smelt intussen die volgende saam en hou warm:
30 – 40 ml marmite
80 – 100 gr botter
Wanneer koek uit die oond kom, gooi die warm marmite mengsel egalig oor en strooi gerasperde kaas oor voor opdiening.
Vreemd? Dit is ‘n heerlike koek!
Nuutste kommentaar