Grootste klavier kry ’n tuiste

Wat waarskynlik die grootste klavier ter wêreld is, het in die Suid Eiland van Nieu-Seeland ’n tuiste gevind, maar die kolossale instrument, wat 5,7 meter lank is, moes met besondere versigtigheid verskuif word.

Dit was nodig om die brandweer se hulp in te roep om die reuse klavier, wat net meer as ’n metrieke ton weeg, te verskuif na waar hy waarskynlik permanent sal staan.

Adrian Mann het die klavier begin bou as ’n hoërskool leerling in Tinaru, ’n klein dorpie aan die ooskus van die Suid Eiland.

Mann het na die taak voltooi is, besluit om dit sy beroep te maak, en werk deesdae voltyds as klavierbouer.

Hy het ’n stille hoop gekoester dat die wêreldbekende Elton John eendag op die klavier sou speel, wat ’n ietwat vreemde klank het teenoor ander klaviere.

Mann is darem gelukkig genoeg dat van die land se bekendste pianiste al op die klavier uitvoerings gegee het.

Die klavier se dieper klank, word toegeskryf aan die geweldige lang instrument wat letterlik die hele verhoog breedte in beslag neem.

’n Britse pianis was in ekstase oor die klank en die grootte en was hoog in sy skik met die uitkoms van die stukke wat hy gespeel het.

Foto – Mann sit op sy groot klavier