Groot skade deur hael

Groot dele van die Wes-Rand het enorme skade gekry nadat hael so groot soos tennisballe geval het tydens ‘n storm wat soos ‘n tornado gelyk het.

Stormsterk winde het bome omgewaai, en ‘n skool in Krugersdorp se dak het afgewaai. Die Cradlestone Mall winkelsentrum en bioskoop het ook groot skade opgedoen as gevolg van die storm.

Ongeveer honderd mense is by Delmas dakloos gelaat en groot skade is aan huise en paaie aangerig. Talle voertuie is beskadig.

Ongeveer twintig mense is beseer in die storms.