Goeie Afrikaans

Ag nee, Johan Wiesner.

Ek verwys na jou muggiesiftery oor “enkele voorbeelde” wat Trots op Afrikaans gebruik het.

Eerstens stem ek met sy woordgebruik saam omdat dit pas in die verband waarin hy geskryf het. Dit is geen “verskriklike anglisistiese taalgogga” nie, asof die wêreld sal vergaan.

Tweedens moet ons mekaar ondersteun sonder om te probeer om ‘n moontlike foutjie uit te wys terwyl daardie persoon juis die goeie voorstaan.

Met die res van jou brief stem ek saam en is dankbaar vir jou goeie bedoelings om Afrikaans te bevorder. Moet dit net nie met ‘n Engelse gedrog bederf nie. Ons skryf mos in Afrikaans.

Dit sal gaaf wees as jy ‘n gereelde opvoedkundige opbouende taalrubriek kan aanbied. Ek is seker die redakteur sal dit verwelkom. Jou brief toon dat jy kundig is en jou benadering is beslis bevorderlik vir Afrikaans.

Met waardering Lid: Taalvereniging