Geldmag vs Gigaba

Die Oppenheimers het ‘n hofaansoek gewen waarin hulle gevra het om ‘n privaat terminaal te gebruik by OR Tambo lughawe vir hul Fireblade maatskappy.

Gigaba het in Januarie 2016 as minister van binnelandse sake toestemming verleen vir die terminaal maar die goedkeuring eensydig teruggetrek sonder enige redes.

‘n Kostebevel is toegestaan wat beteken dat Jan Belastingbetaler die koste moet dra.

Die aansoek is deur Gigaba, SAID en Denel teëgestaan.

Foto: Malusi Gigaba