Eskom soek 19,9% verhoging

Die Kaapse Kamer van Handel het in ‘n verklaring gesê dat die 19,9% verhoging in die elektrisiteitstariewe teenproduktief sal wees.

In die verklaring maak die Kamer beswaar dat verbruikers gestraf moet word met verhogings weens korrupsie, wanbestuur en ongemagtigde uitgawes deur Eskom.

Ook georganiseerde landbou het die verhoging gekritiseer, en wys daarop dat as gevolg van Eskom se onredelike vaste heffings, verbruikers nie werklik hulle verbruik kan beheer nie.

Die nasionale Energie Raad, Nersa, moet die aansoek van Eskom goedkeur al dan nie.

Kundiges wys daarop dat son- en windenergie met so ‘n verhoging al hoe meer bekostigbaar begin raak vir verbruikers.