Eskom is nommer een

Die parlement moes hoor dat Eskom die eerste plek behaal het as dit kom by afwyking van voorgeskrewe regulasies vir aankope.

Eskom het meer as R31 miljard onregmatig spandeer of vermors deur af te wyk van regulasies soos neergelê deur Tesourie as dit kom by die verkryging van goedere.