EFF intimideer boere

‘n Geval van ernstige intimidasie het die naweek op ‘n plaas in die Dendron omgewing plaasgevind.

‘n Bakkievrag mense in EFF klere en kleure het op ‘n plaas opgedaag en baie hard probeer om bewoners uit te lok tot rassekonflik. Hulle pogings daartoe het misluk.

Nietemin gaan ‘n klag van intimidasie en betreding by die SAPD aanhangig gemaak word.

Boere word geadviseer om hekke gesluit te hou en om nie in ‘n argument betrokke te raak nie, maar om die voertuig se registrasienommer, kleur en fabrikaat neer te skryf en dan ‘n saak aanhangig te maak.